Baie welkom by die tuisblad van die NG Gemeente Oostersee.
|
Die gemeente van Oostersee verwelkom Ds. Nel en haar gesin by ons.
KERK BUITE DIE KERK
Die Kerk is ‘n liggaam wat na God se beeld gemaak is om sy heerskappy in die wêreld te vestig. Die Kerk is deel van God se sending na die wêreld; en is geroep uit die wêreld, vir die wêreld. Die gemeente het net bestaansreg as dit ‘n gestuurde gemeente is. Die Kerk moet na die mense toe geneem word, eerder as die mense na die Kerk toe.
MISSIE: Ons as die lidmate van die N.G.Kerk Oostersee wil in 2012 as doelgerigte geloofsgemeenskap ons sending in die wêreld nakom ; deur alle lidmate doelgerig te laat deelneem, in diverse strukture, waar elkeen gelyke verantwoordelikheid vir mekaar aanvaar, met besondere klem op eensgesindheid en toerusting. Ons is bereid om risikos te neem om ons doel te bereik. Efes.5:16 “Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons leef in ‘n goddelose tyd”
Kwartaal temas
DOELGERIG EEN VIR GOD: ( Toerusting ) Fil.3:12 “ .. nie dat ek die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit myne te maak"
DOELGERIG DIENSBAAR VIR GOD: ( Evangelisasie) 2 Pet.3:9 “Die Here ... wil nie hê dat iemand verlore gaan nie”
DOELGERIG BARMHARTIG VIR GOD: ( Diens van Barmhartigheid) Mat.5:7 “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word”
DOELGERIG SENDELING VIR GOD: ( Sending ) Mat.24:13,14 “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom”
|